



Feb/Maart 09 Uitgawe
As mens na statistiek loer en sien dat een biljoen ‘valentyne’ (soos in liefdesbriefies) op 14 Februarie rondgestuur word – die tweede grootste dag vir kaartjies en briewe naas Kersfees – blyk dit tog of daar ’n paar romantiese siele ’n utopiese ondermaanse bestaan voer.
Die betekenis van hierdie liefdesdag verskil egter van Afrikaans tot Vlaams. In Denemarke en Noorweë is “Valentinsdag” ’n dag waarop romantiese aandetes geniet word, ’n kaartjie aan ’n geheime bewonderaar gestuur word en ’n rooi roos aan ’n geliefde aan die orde van die dag is. In Finland is “Ystävänpäuvä” vriende-dag. In Slowenië word geglo dat plante en blomme op dié dag begin groei en voëls vra mekaar glo ook op die dag om te trou. “Sevgililer Günü” in Turkye is ’n dag vir verliefdes en in die Verenigde Koninkryk kry “Valentine’s Day” ’n streekskleur waar dit byvoorbeeld in Norfolk gevier word deur Jack Valentine wat aan die agterdeur klop en lekkers en presente aan die kinders uitdeel.
Terug op ons eie reënboogbodem word dit afgemaak as ’n geldmaakfoefie óf hartlike gevier met blomme, boodskappe, briewe, vonkelwyn en romantiese etes. So van etes gepraat, die perfekte spyskaart vir só ’n têteà-tête is blykbaar deur in te val met ’n hele paar rou oesters. Dit kan gevolg word met ’n seekos pizza met tamatiesous of as jy eerder ’n paar vars liefdesappels (tamaties) daarby verkies, soveel te beter. ’n Groot groen slaai met olyfolie daarby is perfek en ’n mango sorbet vir nagereg wat gesluk kan word met vonkelwyn of ’n lekker rooiwyn is die kersie op die koek. Dié spyskaart is glo vrek gesond én goed vir die libido. Hou net jou tandeborsel byderhand.
Enige soet ding is sedert die grotbewoners se dae reeds ’n treffer. Tóé al het ’n vrou geweet hoe lief haar grotman haar gehad het afhangende van die grootte van die ryp vrugte of heuningkoeke wat aangedra is. In die Middeleeue het die Romeine selfs bye aangehou om die beskikbaarheid van heuning te verseker. Hoewel dadel-, vye- en druiwestroop asook suikerriet baie gewild was, het heuning koning van die soet liefdes-odes gebly.
Ons Valentyn-uitgawe is vol soet verrassings van begin tot einde. Van Duncan Savage en dogter Anna wat saam-saam druiwe proe om die rypheidsgraad vas te stel voor hulle by Cape Point Vineyards begin pars, die vier neefs in Robertson se vonkelwynavontuur tot die Durbanville Bacchusbende se gebottelde babas. Heerlik!
Met die liefde afgehandel is dit tyd om te groet. Wat ’n wonderlike voorreg was dit nie om wyn in Afrikaans na elkeen van julle se sitkamer, slaapkamer en kombuis te bring nie. Fynproe maak sy laaste buiging met dié uitgawe en ’n groot dankie aan elke getroue leser, intekenaar en wyngeesdriftige wat ons ondersteun het. Ons weg met wyn eindig egter nie hier nie, maar sal voortaan steeds in WynLand met vreugde bewandel word.
Tot ons mekaar iewers raakkuier, groet ek met Boerneef se woorde: mits dese wil ek vir jou sê hoe diep my liefde vir jou – die wynland – lê!
Die e-posadres is teen spam-botte beskerm. Jy moet Javascript ontsper om dit te kan weergee
Ja liewe lesers, ná drie jaar se verryking deur die Fynproe-ervaring het finansiële realiteite die oorhand gekry en moet ons vinnig – en seker emosieloos – ons tydskrif met hierdie uitgawe sluit.
As klein uitgewershuis uit wynbedryfgeledere kon ons ongelukkig nie die mas opkom in hierdie tye van ekonomiese druk, wat op vele terreine in die wynland en ook in die tydskrifbedryf, gemanifesteer het nie.
Uit die oorvloed van komplimente en meelewendheid onder die wynlandfamilie groet ons met dié wete dat dit ’n goeie produk was, waarvan ons – soos kollega Lindi gesê het – nou die kersie moet dooddruk terwyl die vlammetjie nog flikker. Van kollegas gepraat, ’n groot dankie aan al ons medewerkers, voltyds en deeltyds wat hart en siel ingesit het. En veral dankie aan Maryke H wie se geesdrif die aanvanklike vlam brand gemaak het en Wanda wat op kort kennisgewing haar eie vuur as redakteur ingeblaas het. En VinPro en Jos wat ons met groot geduld en begrip die kans gegee het.
Time to say goodbye. Gelukkig verstaan ek nie die oorspronklike Italiaanse woorde van dié liedjie nie, anders kon ek dalk met ’n erg emosionele aanhaling afgesluit het.
“As ek elke dag dieselfde wyn moet drink vir die res van my lewe, sal ek mal raak. Daar’s net te veel fantastiese wyne en te min tyd om almal te proe.” En d&iacut...
Dis die geure wat mens opval wanneer jy Port St Johns vanuit Mthatha binne ry – die varsheid van die woude en riviere, die bekendheid van houtvure, mielies in die kole, papaj...
Slim bemarkingsfoefie of ’n romantiese siel? Ek wil dolgraag hê dat laasgenoemde wel die rede is vir Four Cousins, een van die mees suksesvolle handelsmerke in Suid-Afr...
Dr Francois Kritzinger maak wyn in sy garage langs sy spreekkamer, pars sy druiwe tussen afsprake en skerts dat hy gereeld ’n bottel van sy Vin de Francois aan sy pasiën...
Ek het nog nooit ’n wynmaker ontmoet wat uit die staanspoor probeer om slegte wyn te maak nie, maar ongelukkig gebeur dit soms in ’n kelder. En soms, al is hul hó...
Cassie du Plessis is die besturende redakteur van Wynland Publikasies wat die volgende publikasies ook uitgee: Wynland, Fynproe, die jaarlikse SA Wine Industrie Directory en Die ... | Hooflyn Artikels |
| Wyn |
| Kos |
| Lewenstyl |
| Resensies |
Die volgende afdelings van ons webwerf is beskikbaar as "RSS Feeds":